Riaad (Arabies: الرياض, ar-Riyāḍ, [er.rɪˈjɑːðˤ], letterlik: "die tuine") is die hoofstad en grootste stad van Saoedi-Arabië met 'n bevolking van 7 600 000 en 'n oppervlakte van 3 115 km². Sowat 61% van die bevolking is Saoedi-Arabiese burgers. Die stad is in die middel van die an-Nafud-woestyn, op die oostelike deel van die Najd-plato, geleë op gemiddeld 600 meter bo seespieël en ontvang jaarliks ongeveer 5 miljoen toeriste. Dit is die nege-en-veertigste meesbesoekte stad ter wêreld en die 6de in die Midde-Ooste. Riaad het die derde meeste mense in die Midde-Ooste en die 38ste digsbevolkte stad in Asië. Daar woon ook werkers van Arabiese lande soos Jemen, Egipte, Soedan, Libanon en Sirië, asook van Europa, Noord-Amerika, Suid-Afrika, Rusland, Australië, Nieu-Seeland, die Volksrepubliek China, Bangladesj, Indië, Pakistan, Indonesië en die Filippyne.
Developed by StudentB